Tuisblad / Home page
Bevryde,Sappige Vriendinne
Aanbiedings / Presentations
Optredes / Performances
Produkte / Products
Kontak / Contact
Produkte

HOW TO ORDER/HOE OM TE BESTEL:

Select the product you would like to order and simply click the Bestel Nou/Order Now button once done.
Kies die produkte wat jy wil bestel, en druk eenvoudig net op die Bestel Nou/Order Now knoppie.





Is jy Cool of Common?

Boek met prettige sketse geskik vir jong tieners en oopkop ouer tieners.

Cool beteken om te weet hoe om in bepaalde situasies op te tree, wat om waarnatoe aan te trek, wat en hoe om iets te sê of wanneer om eerder stil te bly.

Die kennis en aanvoeling is 'n veiligheidsnet.  Jy kan met selfvertroue hoog swaai van sweefstok tot sweefstok.

Loslit geskryf en opgekikker met tiener-graffiti, aanhalings en pittighede praat die lekker-lees boek reguit oor onderwerpe soos:

 - Cool begin by myself

 - Cool Moves

 - Cool Grooves

Hierdie is 'n boek vir oopbreek van dilemmas, beter verstaan, gesels oor nou-se-dinge, regte keuses, aanvoeling oor wat pas waar, heel word van binne en groei in vriendskappe en ander verhoudings.

Prys: R50

Bestel produk / Order product


Vonkelkyk op die lewe

Ideale boek vir iemand wat kies om tintelend te leef.

“Humor is soos ’n gewilde, duur velroom. Jy vermoed dit doen nie alles wat dit belowe nie, maar jy voel beter as jy dit gereeld aanwend. ’n Dag waartydens ek nie gelag het nie, tel as ’n brakkerige een. Lag bring lig en laat waai vars lug deur muwwe en pynlike situasies. Al lyk dinge hoe donker het kinders van God die versekering dat ons nooit alleen is nie. Dit is genoeg rede om bly te wees, te lag en te jubel.”

Volgens Elsabe is daar baie voordele van lag in jou lewe en dit is selfs op ’n sielkundige vlak genesend. Daar is 'n sêding: " Those who belly-laugh, seldom belly-ache". Lag is die beste grimeermiddel vir gesigte en die beste medisyne vir ons innerlike, behalwe miskien as jy ’n blaas infeksie het – daarvoor help antibiotika beter. Dit verminder stres en verdryf spanning. Kompleet soos die vrou wat ‘die pil’ verruil het vir kalmeerpille. Sy het nou baie kinders maar dit traak haar nie.

Die boek is vol stof tot nadenke oor verhoudings en die sin van menswees. Dit is 'n ideale geskenk vir alle liefhebbers van geestige en geestelike seëninge.


Prys: R50

Bestel produk / Order product


'n Soplepel vol hemelse bruissout

(Enkel-CD)

           

DIE TERAPIE VAN LAG
Een van die beste oorlewingstegnieke en 'n reddende genade is 'n sin vir humor.

HUMOR IN VERHOUDINGS

- Die huwelik

Leef getroude mense regtig langer of voel dit net so?

- Kinders grootmaak

Net soos hul uiteindelik geskik is om mee saam te leef, gaan leef hulle saam met iemand anders.

VONKELKYK NA MENSWEES
Ons kan kies om triomfantelik en nie treurkoeklik te wees. Is sukses en geluk soos vinkel en koljander? Is die een soos die ander?      

Prys: R80

Bestel produk / Order product


Cool Ouerskap

(Dubbel-CD)

Samuel Butler het by geleentheid uitgeroep: "Ouers is die allerlaaste mense op aarde wat kinders behoort te hê!" Cool ouers het die moed om voluit ouers te wees. Ons onvermydelike foute en feilbaarheid sal ons kinders leer dat hulle ook nie perfek hoef te wees nie. 'n Cool ouer benodig nie 'n M A - of P A- graad nie. Die liefde maak ons opleibaar. Ons benodig bloot gesonde verstand en 'n gesonde sin vir humor.

Nie almal is uitgeknip vir die enorme taak en rentmeesterskap nie. Alvin Toffler het tereg gesê ouerskap is die mees professionele werk van ‘n totale amateur. Party ouers floreer en ander voel na flops. Is enige ouer ooit self groot genoeg om kinders groot te maak? En ons kry nie veel opleiding nie! Ons moet terugval op die probeer- en fouteermetode. G'n wonder party kinders is meer opgefoeter as opgevoed nie...

Elsabe bring met haar prettige en aardse benadering wenwenke uit die suksesliteratuur byeen wat 'n vars briesie laat waai deur die eeueoue taai tameletjies van die ouerkind-verhouding.

Eerste CD

- Wat is "cool" nou eintlik?

- Cool ouers is sterk leiers : gesamentlike visie, rolle van Pa en Ma, die nie-onderhandelbare waardes, die huiskode

- Cool ouers is goeie bestuurders: atmosfeer in die huis, hantering van konflik, grense, dissipline

- Cool ouers motiveer elke kind: ontwikkeling van 'n gesonde selfbeeld

Tweede CD

- Cool ouers is effektiewe kommunikeerders: luister, selfuitdrukking en gesamentlike probleemoplossing

- Cool ouers is mentors: seksualiteit, geldhantering; grootmenswêreld

- Cool ouers is rolmodelle: geestelike ankers, gesonde leefwyse, karaktertrekke soos integriteit en eerlikheid

- Cool ouers weet wanneer om te laat gaan

- Laaste gedagtes oor ouers en kinders


Prys: R130

Bestel produk / Order product



Oudword is nie vir sissies nie
(Enkel-CD)

Om ouer te word is onvermydelik, maar om afgetakel in jou gees daaroor te raak is 'n keuse. Party mense leef tot 80, maar hulle het by ouderdom 60 al doodgegaan. Oudword is nie net 'n gesindheid nie - dit is 'n feit van die lewe. 'n Mens se gesindheid kan dit egter in 'n wenklank of 'n wanklank omskep.

Wat is die geheime van wip-in-die-stap senior jare? Elsabe gesels op haar guitige manier oor die nut van lag en humor, passie en verwondering oor die lewe, geloof, balans, gesonde binnepraatjies en fokus op dit wat jy kan doen in plaas van kwel en bekommer oor dinge buite jou kring van invloed.

Die rol en emosionele nalatenskap van grootouers raak al hoe belangriker.

Wat is 'n cool oupa en ouma nou eintlik?

Die praatjie word ook in Engels aangebied. Old age is no place for sissies.

Old age is no place for sissies
(Single CD)

For young people of all ages who are not Has Been's but Will Be's!

Some people live to 80 but they have unfortunately died at the age of 60. Growing old is inevitable. Growing up however is optional.

Elsabe shares some tips and secrets about aging gracefully and even joyously from the success literature. We have a choice whether we want to merely survive or whether we want to thrive. She talks about the importance of faith, passion, the fun factor, controlling your inner voice and consciously living like a victor rather than a victim.

 

Prys: R80

Bestel produk / Order product


Van Treurkoeklikheid tot Triomfantelikheid

 (Dubbel-CD)

Van Mara Martelgat en Moos wat mope tot Sara sonder sights en Koos wat cope.

Eerste CD

Hoe oorstyg 'n mens papgeklaptheid?

- Stap uit persoonlike tronkies uit
- Kyk na jouself met oë sonder virusse
- Hou jou binnepraatjies vriendelik
- Strek die gaping voor jy reageer
- Weet waarheen jy op pad is
- Leef van binne af buitentoe
- Behou jou sin vir humor
- Kry balans

Vonkelverhoudings

Tweede CD

- Moet ons dit maar gelate aanvaar dat romanse verdwyn na         die troue?
-Moet ons dit maar gelate aanvaar dat daar 'n generasiegaping      tussen ouers en tieners moet wees?
- Is die prys van vriendskap nie te hoog nie?

Wenwenke oor kwaliteitsverhoudings met

- vriende
- huweliksmaats en
- kinders

Belê in die emosionele bankrekening tussen jou en jou mense.

Prys: R130

Bestel produk / Order product
 
Bevryde
Sappige Vriendinne
Naam

Van

E-posadres

Provinsie

 
 
 
Kontak

Elsabe Aldrich,
Olyvenstraat 20
Paarl,7646
Republiek van Suid-Afrika

Tel: +27 21 872 6490
Faks: +27 21 872 6490
Selfoon: +27 82 895 9899
E-posadres: elsabe@elsabealdrich.co.za

Click here for English details