-
Ma-en-dogtergeleenthede; Ma-en-seunkuiers; Pa-en-seunfunksies. -
Personeel-opkikkering by skole, korporatiewe instansies, sekretaressedae, spesiale dae van skoonheidshuise, eiendomsagentskappe, en dies meer. -
Tienerpraatjies: graad 7-leerders tot matrikulante oor lewensvaardighede, denkkontrole, seksualiteit, persoonlike leierskap en bestuur, selfbeeld en groepsdruk. -
Geleentheidspreker by prysuitdelings, openingsgeleenthede van akademiese jaar, prestige-aande, formele dinees, jaarlikse kantoorfunksies, vrouedae. -
Opleidingsessies oor Sukses en Geluk; praat voor mense; studievaardighede. -
Optredes tydens kerkdienste en kampe. Moontlike onderwerpe: -
Enige onderwerp wat pas by die geleentheid bv. 'n Soplepel vol hemelse bruissout. -
Lag 'n slag! -
Vonkelverhoudings: vou jy of floreer jy? -
Oudword is nie vir sissies nie. -
Sukses en geluk; praat voor mense; studievaardighede. -
Pomp die primus - pretpraatjie vir pare. -
Die geheime van vrouesappigheid: hoe behou ons ons woema? -
Van Mara Martelgat tot Sara sonder "sights". -
Is jy cool of common? - tieners. -
Cool ouerskap vir pa's en ma's. -
Van treurkoeklikheid tot triomfantelikheid -
Die vrou in al haar rolle - en dit is nou nie om die middel nie! -
Leef van binne af buitentoe. -
Van wanklank tot wenklank! -
Gesinsverhoudings Daar is nog vele ander temas nommerpas vir elke geleentheid
|
|